Algemene vrae

V: Kan enigeen dadelik met die oefenprogram begin?

A: Voordat jy met enige oefenprogram wegval, moet jy eers jou dokter besoek, veral as enige van die volgende op jou van toepassing is:

  • Jy het ’n familiegeskiedenis van hartsiektes by jou pa of naby manlike familielede jonger as 55, of jou ma of vroulike familielede jonger as 65
  • Rook
  • Hoë bloeddruk
  • Hoë bloedglukosevlak
  • Oorgewig – as jy meer as 30kg/m2 op die liggaamsmassa-indeks (BMI) is
  • Tans geen oefening doen nie

Let op dat hierdie program gemik is op gesonde, beseringsvrye individue. As jy enige besering het, raadpleeg ’n fiksheidspesialis sodat jy weet watter oefeninge jou verder sal beseer en vervang moet word met ander oefeninge.

V. Ek het lanklaas geoefen. Sal ek regkom?

A: Ja! Die oefeninge is eenvoudig en perfek vir beginners wat op ’n maklike manier weer aan die oefen wil kom.


V: Is die eetplan geskik vir vegetariërs en veganiste?

A: Nee, daar is dierprodukte soos vleis en suiwel by die eetplant ingesluit.

V: Hoeveel moet ek maandeliks betaal?

A: Jy betaal net een keer R950, en daarna nooit weer nie. Daar is nie ’n maandelikse betaling nie.

V: Sal ek die program op my foon én my rekenaar kan volg, of moet ek twee keer betaal?

A: Die program is op ’n webwerf. Sodra jy betaal het, kry jy ’n aanmeldnaam wat jy kan gebruik om toegang te kry tot die program van enige toestel af. Jy betaal dus net een keer.

V: Ek woon op die platteland en ons het nie ’n gimnasium nie.

A: Die program is so ontwerp dat jy dit tuis kan volg. Jy het nie ’n gimnasium nodig nie.

V: Ek is allergies vir sekere kosse, kan ek die oefenprogram volg?

A: Die oefenprogram sluit geen voedsel doelbewus uit nie.