Jou karretjie is tans leeg!

Welkom by Weg-Stapfiks
Ons gaan jou help om in ’n japtrap aan die stap te kom!
Wat kry jy as jy inteken
Wanneer jy eenmalig inskryf vir WEG-Stapfiks kry jy toegang tot alle maaltydplanne en resepte wat jy nodig het om in die beste toestand van jou lewe te kom.
Die maaltydplanne en oefenprogramme is geskik vir mans en vroue en kan tuis gevolg word – jy hoef nie gimnasium toe te gaan nie.
Weeklikse maaltydplan
Stap-vir-stap-resepte
Weeklikse oefeninge wat met video’s gedemonstreer word

Hoekom Stapfiks?
Wil jy graag een van die bekende staproetes in Suid-Afrika aanpak, of droom jy van iets soos die Camino de Santiago, maar jy weet nie of jy fiks genoeg is nie? WEG-Stapfiks gaan jou help!
WEG-Stapfiks gaan jou met hierdie omvattende oefenprogram help om binne ’n paar weke fiks genoeg te word sodat jy van enige berg ’n molshoop kan maak. Teken nou in en kom aan die gang!
Hoe werk dit?
Die WEG-Stapfiks-program is spesifiek op mans en vroue gemik wat stapfiks wil word. Ongeag jou ouderdom, huidige gewig of leefstyl, jy sal hierdie program kan bemeester.
Jy moet net begin!

Die oefenprogram
Saamgestel deur Ivor Wright
Die stapgereedheidsprogram word in drie afdelings opgedeel:
6 weke
(beginner)
12 weke
(intermediêr)
24 weke
(gevorderd)
* Na gelang van jou huidige fiksheidsvlak besluit jy self watter program jy wil volg. Jy kan ook by die begin begin en die drie programme die een ná die ander volg.
Jy gaan die volgende toerusting nodig hê:
- Stapskoene
- Oefenrekke (daardie rekke waarmee jy weerstandsoefeninge doen)
- Jou rugsak (jy gaan jou rugsak volstop en as ’n gewig gebruik by sommige oefeninge)
- ’n Oefenmat, soos ’n jogamat (dis opsioneel, maar sal die oefeninge geriefliker maak)
Die eetplan
Saamgestel deur Hanlie Jordaan
Die maaltydplan is ’n program oor 12 weke. Jy besluit watter een van die vier groepe vir jou geskik is:
- Vroue onder 80 kg (1450 kilokalorieë)
- Vroue oor 80 kg (1750 kilokalorieë)
- Mans onder 100 kg (1800 kilokalorieë)
- Mans oor 100 kg (2000 kilokalorieë)
Die maaltydplan is ’n gebalanseerde en realistiese eetplan waarin jy kos uit al die voedingsgroepe inneem. Dit sal jou help om gewig af te skud terwyl jy oefen. As jy die gewenste uitwerking wil hê, raai ons jou aan om die eet- en oefenprogram saam te volg.
Die maaltydplan is saamgestel deur Hanlie Jordaan, ’n sportdieetkundige uit die Wes-Kaap.


Hoekom Stapfiks
Wil jy graag een van die bekende staproetes in Suid-Afrika aanpak, of droom jy van iets soos die Camino de Santiago, maar jy weet nie of jy fiks genoeg is nie? WEG-Stapfiks gaan jou help! WEG-Stapfiks gaan jou met hierdie omvattende oefenprogram help om binne ’n paar weke fiks genoeg te word sodat jy van enige berg ’n molshoop kan maak. Teken nou in en kom aan die gang!